Slaan oor na inhoud
  • Tuisblad
    • Stuur privaat boodskappeBly in verbindingVerbind in groepeDruk jouself uitWhatsApp vir sakeondernemings
  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
  • Vir Business
  • Laai af
Laai af
Bepalings en Privaatheidsbeleid2025 © WhatsApp LLC
WhatsApp-hoofbladWhatsApp-hoofblad
    • Stuur privaat boodskappe

      Punt-tot-punt-enkripsie en privaatheidkontroles.

    • Bly in verbinding

      Stuur boodskappe en maak oproepe gratis* regoor die wêreld.

    • Verbind in groepe

      Groepboodskappe maklik gemaak.

    • Druk jouself uit

      Sê dit met plakkers, jou stem, GIF's en meer.

    • WhatsApp Business

      Bereik jou klante van waar jy ook al is.

  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
  • Vir sakeondernemings
  • Toepassings
Meld aanLaai af

Hoe WhatsApp jou kan help om in verbinding te bly tydens die koronavirus- (COVID-19)-pandemie

WhatsApp help jou om in verbinding te tree met hulle wat die meeste saak maak. Hier is ’n paar van die maniere waarop jy WhatsApp kan gebruik om vir familie en vriende te sorg, by te bly met die jongste amptelike gesondheidsinligting en inligting verantwoordelik te deel. Ingeval jy nuut is op WhatsApp of net jou geheue wil verfris, is hier 'n stap-vir-stap-gids oor hoe om te begin.

Tree van ver af in verbinding

Gebruik WhatsApp-kenmerke soos groepe, of stem- en video-oproepe om in verbinding te bly en steun te bied aan geliefdes al is julle op verskillende plekke.

Kies betroubare bronne van inligting

Kontak plaaslike, nasionale en globale organisasies. Raadpleeg betroubare bronne, soos die Wêreld-gesondheidsorganisasie of jou plaaslike gesondheidsministerie vir die nuutste inligting en riglyne.

Help keer dat gerugte versprei

Dink na oor die boodskappe wat jy ontvang, want nie alles wat jy ontvang oor die koronavirus is noodwendig akkuraat nie. Verifieer die feite by ander vertroude amptelike bronne, feitekontroleerders, of via die International Fact-Checking Network (IFCN) se robot by +1 (727) 2912606. As jy nie seker is of iets waar is nie, moet dit nie aanstuur nie.

Gemeenskapsleiers

Ons is daartoe verbind om gemeenskapsleiers te ondersteun terwyl julle op hierdie uitdaging reageer. Leer hoe jy WhatsApp kan gebruik om jou gemeenskap in te lig en in verbinding te bly terwyl mense bekommerd is oor die koronavirus.

Gesondheidsorgkundiges

Leer hoe jy met jou pasiënte in verbinding kan tree, die gemeenskap kan inlig, konferensies van ver af kan aanbied, vinnige antwoorde op gereelde vrae kan opstel, en meer.

Kom meer te wete >

Opvoeders

Leer hoe om jou studente op WhatsApp te kontak, take te stuur en te ontvang, lesse te deel in die vorm van teks- en stemboodskappe, en meer.

Kom meer te wete >

Niewinsorganisasies en plaaslike regerings

Stel jou organisasie bekend, bly in verbinding met jou gemeenskap, deel akkurate en tydige inligting, koördineer met jou span, reageer vinnig op algemene navrae, en meer.

Kom meer te wete >

Plaaslike besighede

Kry meer maniere om in verbinding te bly met jou kliënte, huidige sake-ure te deel, afhaal en aflewerings doeltreffender te maak, voorraadvlakke te bevestig, en meer.

Kom meer te wete >

Stories

Kyk hoe mense WhatsApp gebruik om hul gemeenskappe te kontak in hierdie uitdagende tyd:

In Pakistan het 'n WhatsApp-groep Rs21 miljoen ingesamel om die land se mees kwesbare inwoners uit selfs dieper armoede te hou: Lees artikel hier >

'n Groep Italiaanse burgemeesters bly in kontak met WhatsApp: Lees artikel hier >

Laerskole in Napels, Italië hou aan met hulle werk ten spyte van sluitings, deur WhatsApp te gebruik om opdragte vir gesinne te stuur: Lees artikel hier >

'n Man in Hongkong gebruik WhatsApp om die gemeenskap te mobiliseer ter ondersteuning van plaaslike sakeondernemings: Lees artikel hier >

'n Indiensneming-bemagtigingsprogram in Jordanië gebruik WhatsApp om vroue gemotiveerd te hou om werk te soek tydens die Koronavirus se aanslag: Lees artikel hier >

Gesondheidswerkers in Parys vorm 'n WhatsApp-groep om die nuutste inligting oor hospitale se kapasiteite te kry: Lees artikel hier >

Amptenare in Coimbatore, Indië hou vergaderings op WhatsApp: Lees artikel hier >

Onderwysers in vlugtelingkampe in Sirië deel videolesse met ouers op WhatsApp: Lees artikel hier >

Oorlewendes van slawerny in Indië gebruik WhatsApp om bewustheid van die koronavirus in hulle groep te skep: Lees artikel hier >

Pasiënte in Florianópolis, Brasilië kan afsprake skeduleer en vrae vra op WhatsApp: Lees artikel hier >

Wêreldvennote

Laai af
WhatsApp-hooflogo
WhatsApp-hooflogo
Laai af
Wat ons doen
FunksiesBlogSekuriteitVir sakeondernemings
Wie ons is
Meer oor onsLoopbaneHandelsmerksentrumPrivaatheid
Gebruik WhatsApp
AndroidiPhoneMac/rekenaarWhatsApp Web
Het jy hulp nodig?
Kontak onsHulpsentrumToepassingsSekuriteitswaarskuwings
Laai af

2025 © WhatsApp LLC

Bepalings en privaatheidsbeleid
Terreinkaart