Slaan oor na inhoud
  • Tuisblad
    • Stuur privaat boodskappeBly in verbindingVerbind in groepeDruk jouself uitWhatsApp vir sakeondernemings
  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
  • Vir Business
  • Laai af
Laai af
Bepalings en Privaatheidsbeleid2025 © WhatsApp LLC
WhatsApp-hoofbladWhatsApp-hoofblad
    • Stuur privaat boodskappe

      Punt-tot-punt-enkripsie en privaatheidkontroles.

    • Bly in verbinding

      Stuur boodskappe en maak oproepe gratis* regoor die wêreld.

    • Verbind in groepe

      Groepboodskappe maklik gemaak.

    • Druk jouself uit

      Sê dit met plakkers, jou stem, GIF's en meer.

    • WhatsApp Business

      Bereik jou klante van waar jy ook al is.

  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
  • Vir sakeondernemings
  • Toepassings
Meld aanLaai af

Hoe WhatsApp jou kan help om in verbinding te bly tydens die koronavirus- (COVID-19)-pandemie

Professionele mediese personeel

In hierdie tyd van verhoogde onsekerheid en isolasie kan jy met WhatsApp in verbinding tree met jou pasiënte en kollegas – net soos wat hulle met familie en vriende in aanraking bly.

Gebruik WhatsApp asseblief verantwoordelik wanneer jy met jou klante skakel. Kommunikeer net met gebruikers wat jy ken en diegene wat boodskappe van jou wil ontvang. Vra kliënte om jou foonnommer in hul adresboek te stoor, en moenie outomatiese of promosieboodskappe aan groepe stuur nie. As jy nie hierdie eenvoudige beste praktyke volg nie, kan dit lei tot klagtes van ander gebruikers en moontlik ’n rekeningverbod.

Om veelvuldige vrae die beste te bestuur, nuttige inligting soos sake-ure te vertoon en algemene vrae te stoor, beveel ons aan dat jy die WhatsApp Business-toepassing gebruik, wat gratis afgelaai kan word. Klik hier vir 'n stap-vir-stap-gids oor hoe om die WhatsApp Business-toepassing te gebruik. As jy jou rekening moet skuif van WhatsApp Messenger na die WhatsApp Business-toepassing, klik hier.

Laai af vir jou foon

ANDROIDIPHONE

Bly in verbinding met jou pasiënte

As jy nie reeds pasiënte se foonnommers het nie, maak 'n kort skakel wat pasiënte kan gebruik om 'n privaat gesprek op WhatsApp met jou te begin. Deel die skakel met e-pos, jou Facebook-bladsy of enige ander nie-openbare kanaal.

Plaas nuttige aanbevelings boaan

Oorweeg dit om gepasmaakte groetboodskappe op te stel sodat pasiënte onmiddellike inligting en hulpbronne kan kry wanneer hulle jou kontak.

Deel akkurate en tydige inligting

Gebruik 'n uitsaailys om dieselfde privaat boodskap vir 'n klomp kontakte gelyk te stuur. Net kontakte wat jou by hul foon se adresboek gevoeg het, sal jou uitsaaiboodskap ontvang.

Bied konferensies oor afstand aan

Gebruik geënkripteerde video- en stemoproepe om met pasiënte of kollegas in aanraking te kom wat dalk moeilik is om in persoon te bereik.*

Antwoord vinnig op algemene vrae

Stoor en hergebruik boodskappe wat jy gereeld stuur om vinnig te reageer op pasiënte se vrae.

Lig jou gemeenskap in en voed hulle op

Deur 'n status te gebruik, kan jy teks-, foto- en video-opdaterings plaas. Deel wenke oor beste praktyke in higiëne en ander maniere om die verspreiding van die virus te vertraag.

Deel huidige besigheidsure

Maak seker jou pasiënte weet wanneer jy beskikbaar is, veral as jy jou ure aangepas het om by huidige plaaslike behoeftes aan te pas.

Stel verwagtinge vir reaksietye

Gebruik in hierdie besonder besige tyd 'n outomatiese wegboodskap om pasiënte te laat weet wanneer hulle van jou sal hoor.

Bly in aanraking met jou gesondheidsorgspan

Gebruik groepe en groepvideo-oproepe om die nuutste pandemie-verwante inligting te deel.

*Elke WhatsApp-gebruiker is verantwoordelik om te verseker dat enige gebruik van WhatsApp toepaslike wetgewing nakom, insluitend gesondheidsorg-dataprivaatheid en veiligheidswette. WhatsApp reël of voorsien nie gesondheidsorgdienste nie, en jy mag nie voorgee dat WhatsApp by jou gesondheidsorgpraktyk ingelyf is nie. WhatsApp is nie ’n plaasvervanger vir persoonlike gesondheidskonsultasies met pasiënte of vir behandeling van toestande wat onmiddellike mediese aandag verg nie, en moet nie as ’n gereguleerde mediese toestel gebruik word nie.

As jy enige vrae het rakende WhatsApp se koronavirus-inligtingsentrum, kontak ons.

Laai af
WhatsApp-hooflogo
WhatsApp-hooflogo
Laai af
Wat ons doen
FunksiesBlogSekuriteitVir sakeondernemings
Wie ons is
Meer oor onsLoopbaneHandelsmerksentrumPrivaatheid
Gebruik WhatsApp
AndroidiPhoneMac/rekenaarWhatsApp Web
Het jy hulp nodig?
Kontak onsHulpsentrumToepassingsSekuriteitswaarskuwings
Laai af

2025 © WhatsApp LLC

Bepalings en privaatheidsbeleid
Terreinkaart