Slaan oor na inhoud
  • Tuisblad
    • Stuur ’n privaat boodskapBly in verbindingBou ’n gemeenskapDruk jouself uitWhatsApp vir sakeondernemings
  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
Aflaai
Diensbepalings2023 © WhatsApp LLC
WhatsApp-hoofbladWhatsApp-hoofblad
    • Stuur ’n privaat boodskap

      Punt-tot-punt-enkripsie en privaatheidkontroles.

    • Bly in verbinding

      Bereik jou klante wêreldwyd.

    • Bou ’n gemeenskap

      Maklike groepgesprekke.

    • Druk jouself uit

      Sê dit met plakkers, jou stem, GIF's en meer.

    • WhatsApp Business

      Bereik jou klante van waar jy ook al is.

  • Privaatheid
  • Hulpsentrum
  • Blog
WhatsApp WebLaai af

Hoe WhatsApp jou kan help om in verbinding te bly tydens die koronavirus- (COVID-19-) pandemie

Plaaslike sakeondernemings

As lede van die gemeenskappe wat julle dien, kan die bestuur van jou sakeonderneming meer uitdagend as gewoonlik wees in hierdie tyd van verhoogde onsekerheid en isolasie. Tree met jou kliënte in verbinding op WhatsApp – dieselfde middel waarmee hulle in aanraking bly met vriende en familie.

Gebruik WhatsApp asseblief verantwoordelik wanneer jy met jou klante skakel. Kommunikeer net met gebruikers wat jy ken en diegene wat boodskappe van jou wil ontvang. Vra kliënte om jou foonnommer in hul adresboek te stoor, en moenie outomatiese of promosieboodskappe aan groepe stuur nie. As jy nie hierdie eenvoudige beste praktyke volg nie, kan dit lei tot klagtes van ander gebruikers en moontlik ’n rekeningverbod.

Om veelvuldige vrae die beste te bestuur, nuttige inligting in jou sakeprofiel te vertoon en besonderhede van jou dienste in ’n katalogus te deel, beveel ons gebruik van die WhatsApp Business-toepassing aan, wat gratis afgelaai kan word. Klik hier vir 'n stap-vir-stap-gids oor hoe om die WhatsApp Business-toepassing te gebruik. As jy jou rekening moet skuif van WhatsApp Messenger na die WhatsApp Business-toepassing, klik hier.

Laai af vir jou foon

ANDROIDIPHONE

Bly in verbinding met jou klante

Maak 'n kort skakel waarmee klante met jou op WhatsApp kan begin praat. Deel die skakel met e-pos, jou webtuiste, Facebook-bladsy of enige ander gereeld gebruikte kanale.

Deel huidige besigheidsure

Maak seker jou kliënte is bewus van enige veranderings aan jou werkure. Gebruik jou besigheidsprofiel om die dae en tye te wys wanneer jou besigheid oop is.

Gee gereeld nuus oor die beskikbaarheid van produkte.

Deel intyds met jou klante wat beskikbaar is. Gebruik groepe om met jou topklante te skakel en hou jou katalogus op datum sodat kliënte maklik kan sien wat in voorraad is.

Doen konsultasies van ver af

Gebruik geënkripteerde video- en stemoproepe om met klante in aanraking te kom en dieselfde diens te lewer wat hulle gewoonlik in persoon kry.

Maak afhaal en aflewerings doeltreffender

Terwyl voetverkeer en fisiese winkelbesoeke afneem, kan winkelafhale en aflewerings toeneem. Skakel die kenmerk vir intydse ligging in WhatsApp aan wanneer jy amper by die afleweringsadres is. Hierdie funksie deel jou ligging met klante en verseker ’n vinnige en eenvoudige besoek.

Bring klante tot binne-in jou winkel

Gewoond dat kliënte altyd mal is oor jou winkel? Gee vir hulle 'n virtuele toer met 'n statusopdatering.

Bly in verbinding met jou werknemers

Gebruik groepe en groepvideo-oproepe om van verskillende plekke af saam te werk.

As jy enige vrae het rakende WhatsApp se koronavirus-inligtingsentrum, kontak ons.

Laai af
WhatsApp-hooflogo
WhatsApp-hooflogoLaai af
Wat ons doenFunksiesBlogStoriesVir 'n sakeonderneming
Wie ons isMeer oor onsLoopbaneHandelsmerksentrumPrivaatheid
Gebruik WhatsAppAndroidiPhoneMac/rekenaarWhatsApp Web
Hulp nodig?Kontak onsHulpsentrumKoronavirusSekuriteitswaarskuwings
Laai af

2023 © WhatsApp LLC

Diensbepalings