Selekteer jou taal
  • azərbaycan
  • Afrikaans
  • Bahasa Indonesia
  • Melayu
  • català
  • čeština
  • dansk
  • Deutsch
  • eesti
  • English
  • español
  • français
  • Gaeilge
  • hrvatski
  • italiano
  • Kiswahili
  • latviešu
  • lietuvių
  • magyar
  • Nederlands
  • norsk bokmål
  • o‘zbek
  • Filipino
  • polski
  • Português (Brasil)
  • Português (Portugal)
  • română
  • shqip
  • slovenčina
  • slovenščina
  • suomi
  • svenska
  • Tiếng Việt
  • Türkçe
  • Ελληνικά
  • български
  • қазақ тілі
  • македонски
  • русский
  • српски
  • українська
  • עברית
  • العربية
  • فارسی
  • اردو
  • বাংলা
  • हिन्दी
  • ગુજરાતી
  • ಕನ್ನಡ
  • मराठी
  • ਪੰਜਾਬੀ
  • தமிழ்
  • తెలుగు
  • മലയാളം
  • ไทย
  • 简体中文
  • 繁體中文
  • 日本語
  • 한국어
  • WhatsApp Web
  • Kenmerke
  • Laai af
  • Sekuriteit
  • VVV
  • Laai af
  • Kenmerke
  • Sekuriteit
  • VVV
  • Kom in aanraking

WhatsApp-sekuriteit

Privaatheid en sekuriteit is in ons DNS

Van dag een af het ons WhatsApp gebou om jou te help om in kontak te bly met vriende, noodsaaklike inligting te deel tydens natuurrampe, weer in kontak te kom met geskeide families, of om ’n beter lewe te soek. Party van jou mees persoonlike oomblikke word met WhatsApp gedeel, en daarom het ons end-tot-end-enkripsie in ons toepassing ingebou. Wanneer dit end-tot-end geënkripteer is, word jou boodskappe, foto’s, video’s, stemboodskappe, dokumente en oproepe beveilig om nie in die verkeerde hande te beland nie.

Persoonlike Boodskapdiens

WhatsApp se end-tot-end-enkripsie word gebruik wanneer jy boodskappe aan iemand anders stuur met WhatsApp Messenger. End-tot-end-enkripsie verseker net jy en die persoon met wie jy kommunikeer, kan lees of luister na wat gestuur word, en niemand tussen-in nie, selfs nie eens WhatsApp nie. Dit is omdat jou boodskappe met end-tot-end-enkripsie beveilig word met ’n slot, en net die ontvanger en jy het die spesiale sleutel wat nodig is om dit te ontsluit en te lees. Dit alles gebeur outomaties. Jy hoef nie instellings aan te skakel of spesiale geheime gesprekke op te stel om jou boodskappe te beveilig nie.

Besigheid-boodskapdiens

Elke WhatsApp-boodskap word beskerm deur dieselfde sein-enkripsieprotokol wat boodskappe beveilig voordat hulle jou toestel verlaat. Wanneer jy ’n boodskap aan ’n WhatsApp-sakerekening stuur, word jou boodskap veilig afgelewer by die bestemming wat die sakeonderneming kies.

WhatsApp beskou gesprekke met sakeondernemings wat die WhatsApp Business-toepassing gebruik of klante se boodskappe bestuur en stoor as end-tot-end geënkripteer. Sodra die boodskap ontvang word, sal dit onderhewig wees aan die sakeonderneming se eie privaatheidpraktyke. Die sakeonderneming kan ’n aantal werknemers, of selfs ander verkopers, aanwys om die boodskap te verwerk en te antwoord.

Sekere sakeondernemings1 sal WhatsApp se moedermaatskappy, Facebook, kan kies om boodskappe veilig te stoor en op klante te antwoord. Jy kan altyd daardie sakeonderneming kontak om meer oor hul privaatheidpraktyke uit te vind.

Betalings

Betalings op WhatsApp, wat in sekere lande beskikbaar is, maak oorbetalings tussen rekenings by finansiële instellings moontlik. Kaart- en banknommers word geënkripteer en in ’n hoogs beveiligde netwerk geberg. Omdat finansiële instellings nie transaksies kan verwerk sonder om inligting oor hierdie betalings te ontvang nie, is hierdie betalings egter nie end-tot-end geënkripteer nie.

Jy is in beheer

WhatsApp wil seker maak dat jy weet wat met jou boodskappe gebeur. As jy nie boodskappe van ’n persoon of sakeonderneming wil ontvang nie, kan jy hulle altyd direk van die gesprek blokkeer of hulle uit jou lys kontakte skrap. Ons wil seker maak dat jy verstaan hoe jou boodskappe gehanteer word en dat jy die opsies het wat jy benodig om die regte besluite vir jou te neem.

Praat vrylik
WhatsApp Oproepe laat jou privaat met jou vriende en familie gesels, selfs al is hulle in ’n ander land.
Boodskappe wat by jou bly
End-tot-end geënkripteerde boodskappe word op jou toestel gestoor en nie op WhatsApp-bedieners nie nadat hulle afgelewer is.
Sien dit self
WhatsApp laat jou nagaan of die oproepe wat jy maak en boodskappe wat jy stuur end-tot-end geënkripteer is. Kyk eenvoudig vir die aanwyser direk in die gesprek of in kontakinligting of besigheidsinligting.
Kry die details

Lees ’n omvattende tegniese verduideliking van WhatsApp se end-tot-end-enkripsie, ontwikkel in samewerking met Open Whisper Systems.

Gaan Sekuriteitsadvies na vir gereelde sekuriteitsopdaterings.

1 In 2021.

WhatsApp

  • Kenmerke
  • Sekuriteit
  • Laai af
  • WhatsApp Web
  • Sakeonderneming
  • Privaatheid

Maatskappy

  • Meer oor
  • Loopbane
  • Handelsmerksentrum
  • Kom in aanraking
  • Webjoernaal
  • WhatsApp-stories

Laai af

  • Mac/rekenaar
  • Android
  • iPhone

Hulp

  • VVV
  • Twitter
  • Facebook
  • Koronavirus
2021 © WhatsApp Inc.
Privaatheid & Bepalings