Veilig ontwerp
Om jou veilig te hou het ons ’n boodskap-en-oproepdiens met wêreldklassekuriteit ontwerp, innoverende nutsgoed gebou om jou beheer te gee, en ons is daar om jou te ondersteun wanneer jy dit nodig het.
Om jou veilig te hou het ons ’n boodskap-en-oproepdiens met wêreldklassekuriteit ontwerp, innoverende nutsgoed gebou om jou beheer te gee, en ons is daar om jou te ondersteun wanneer jy dit nodig het.
Niemand kan vir jou foonnommer soek of jou privaat boodskappe lees nie.
Ons vang en verwyder die meeste gemorspos en gemorsposrekeninge voor hulle eers by jou kan uitkom of voor enigiemand dit rapporteer.
Ons vra jou om jou identiteit te verifieer as ons enige verdagte of ongemagtigde pogings om jou rekening oor te neem bespeur.
Kyk bietjie na hierdie maklike stappe wat bykomende lae beskerming sal byvoeg om te verhoed dat kuberkrakers en bedrieërs jou rekening en data steel.
Stel ’n geheime PIN op en moenie dit met enigiemand deel nie om te keer dat iemand jou rekening steel.
Om vals weergawes van WhatsApp te gebruik skep ernstige privaatheids- en sekuriteitsrisiko’s vir jou rekening.
Beheer wie jou by groepe kan voeg en wie by jou groepe kan aansluit, en verwyder lede of boodskappe wanneer dit nodig is.
Leer die algemene swendelarye ken en wat jy kan doen om jouself en jou geliefdes te beskerm.
Om boodskappe, mense of besighede te rapporteer help ons om WhatsApp vir almal veilig te hou. Moenie bekommerd wees nie, ons sal nie vir die persoon wat dit gestuur het sê nie.
As iemand met wie jy nie wil gesels nie, vir jou boodskappe stuur, blokkeer hulle eenvoudig en ons sal seker maak dat jy nie meer hulle boodskappe of oproepe kry nie.
As jy toegang tot jou rekening verloor het, kan jy jou foonnommer herregistreer. Vorige gesprekke is veilig op jou foon en kan nie deur enigiemand wat toegang tot jou rekening probeer kry, gelees word nie.