WhatsApp Veiligheidswenke

Gegewe die persoonlike aard van privaat boodskappe is jou privaatheid en sekuriteit belangrik vir ons. Jou boodskappe en oproepe is outomaties beveilig deur end-tot-end enkripsie sodat niemand, nie eers WhatsApp, dit kan lees of na hulle kan luister nie.

Ons het ook addisionele funksies ontwikkel wat jou kan help om veilig te bly op WhatsApp.

Beheer jou privaatheidinstellings

Stel jou profiel foto, laas gesien en meer oor in om deur almal gesien te word of net kontakte of deur niemand nie.

Blokkeer Ongewenste Gebruikers

Verhinder iemand om jou direk vanaf ’n gesprek te kontak.

Versoek Rekening Informasie

Kry ’n verslag van jou WhatsApp rekening informasie en instellings.

Verwyder Boodskappe Binne ’n Gesprek

Vee al die boodskappe binne ’n individuele gesprek of ’n groepsgesprek uit of al die gesprekke gelyktydig.

Skakel Lees Bewyse Af

Kies of iemand kan sien as jy hulle boodskap gelees het.

Vee Uit en Rapporteer Strooi

Rapporteer strooi van binne die toepassing.

Verlaat ’n Groep

Gaan enige tyd uit die groep uit.

Aktiveer Twee Stap Verifikasie

Skep ’n ses-syfer pin om ekstra sekuriteit te aktiveer.

Addisionele Hulpbronne

Vir addisionele hulpbronne oor gebruikers se veiligheidsonderwerpe, besoek asseblief hierdie VVV