Stuur ’n privaat boodskap
Jou privaatheid is ons prioriteit. Jy kan met punt-tot-punt-enkripsie seker wees dat jou persoonlike boodskappe net bly tussen jou en die persoon vir wie jy dit gestuur het.

Jou privaatheid is ons prioriteit. Jy kan met punt-tot-punt-enkripsie seker wees dat jou persoonlike boodskappe net bly tussen jou en die persoon vir wie jy dit gestuur het.
Boodskappe en oproepe bly net tussen julle. Niemand anders kan hulle lees of daarna luister nie, nie eers WhatsApp nie.
Behalwe vir punt-tot-punt-enkripsie voeg ons ook nog ekstra lae beskerming by al jou gesprekke.
Jy kan kies wat jy deel, hoe jy aanlyn vertoon en wie met jou kan praat.
Bly twee treë voor indringers. Beskerm jou rekening teen kuberkrakers en swendelaars wat jou foonnommer probeer gebruik.
Met verdwynende boodskappe kan jy beheer watter boodskappe bly wys en vir hoe lank, deur hulle só op te stel dat hulle verdwyn nadat jy hulle gestuur het.
Raak ontslae van ongewensde gesprekke. As iemand met wie jy nie wil praat nie, vir jou boodskappe stuur, blokkeer jy hulle net en WhatsApp sal dan seker maak dat jy nie meer boodskappe of oproepe van hulle af ontvang nie.
Hou jou aanlyn rugsteunkopieë privaat. Skakel geënkripteerde rugsteun aan om die veiligheid van punt-tot-punt-enkripsie ook te gebruik vir jou boodskappe wat in iCloud of Google Drive gestoor word.
Kies om net gesien te word deur dié wat jy wil hê jou moet sien. Jy kan jou privaatheidinstellings pasmaak om te kies wie kan sien wanneer jy aanlyn is en wanneer jy laas WhatsApp gebruik het.