Doen meer saam met WhatsApp-oproepe
Met skermdeling, oproepskedulering en oproepskakels
was dit nog nooit so maklik om regstreeks te verbind en saam te werk nie.
Bly naby aan die mense wat vir jou saak maak met gratis*, betroubare stem- en video-oproepe op iOS- en Android-toestelle regoor die wêreld.
*Datakoste kan geld. Kontak jou verskaffer vir besonderhede.
Met skermdeling, oproepskedulering en oproepskakels
was dit nog nooit so maklik om regstreeks te verbind en saam te werk nie.
Hoor hoe dit gaan met jou vriende en familie met ’n stemoproep, of praat persoonlik met een-tot-een- en groepsvideo-oproepe – dit is altyd gratis* en onbeperk.
*as jy bel deur Wi-Fi of ’n datapakket te gebruik
Beplan saam en raak kreatief op ’n gedeelde skerm gedurende video-oproepe.
Skep ’n geleentheid om ’n vergaderingstyd te kies wat by almal se skedules pas sodat niemand iets misloop nie.
Nooi enigiemand op WhatsApp uit om by jou oproep aan te sluit deur vir hulle ’n oproepskakel te stuur.
Oudio-kuierplekke vir oproepe van alle groottes Ongeag of dit ’n naelbytvoetbalwedstryd, ’n knewel van ’n huiswerkprobleem of gróót nuus is, soms het jy net nodig om dit met enige beskikbare persoon in die groepklets te deel.
Met stemoproepe kan jy jou kontakte gratis met WhatsApp bel, selfs al is hulle in ’n ander land. Stemoproepe gebruik jou foon se internetverbinding in plaas van jou selfoonplanminute. Datakoste kan geld. Maak die groepklets oop waarheen jy ’n oproep wil maak, en klik op die foonikoon om jou oproep te begin. Jy kan ook kontakte buite jou bestaande groep vanuit die Oproepe-oortjie kies.
Met video-oproepe kan jy jou kontakte met WhatsApp skakel. Maak die groepklets oop waarheen jy ’n oproep wil maak, en klik op die video-ikoon om jou oproep te begin. Jy kan ook kontakte buite jou bestaande groep vanuit die Oproepe-oortjie kies.
Met skermdeling kan mense regstreeks deel wat op hulle skerm is. Jy moet in ’n video-oproep wees om jou skerm te deel. Tik op Meer Opsies (drie vertikale kolletjies) in die videokontroles en dan op Deel skerm. Jou foon sal ’n porboodskap stuur wat aandui dat jy met WhatsApp gaan begin opneem.
Jy kan geleenthede in individuele en groepkletse skep om byeenkomste te help reël en in verbinding te bly. Geleenthede bevat nuttige inligting waartoe mense maklik kan toegang kry. Skep ’n geleentheid deur jou individuele of groepklets oop te maak, en klik dan op Voeg by (plus-teken) > Geleentheid
Gekoppelde toestelle bied ’n betroubare, veilige manier om vanaf enige van jou toestelle tot WhatsApp toegang te kry. Jy kan in verbinding bly deur tot vier toestelle op ’n slag aan jou primêre foon te koppel. Jy het steeds jou primêre foon nodig om jou WhatsApp-rekening te registreer en nuwe toestelle te koppel.