Stuur boodskappe gratis* aan jou vriende en familie. WhatsApp gebruik jou foon se internetverbinding om boodskappe te stuur sodat jy SMS-fooie kan vermy
.
Bly in kontak met die groepe mense wat die meeste saakmaak, soos jou familie of kollegas. Met groepgesprekke kan jy boodskappe, foto’s en video’s met tot 256 mense op een slag deel. Jy kan ook jou groep ’n naam gee, dit demp of die kennisgewings daarvan aanpas, en meer.
Jy al jou gesprekke naatloos na jou rekenaar sinkroniseer met WhatsApp op die web of rekenaar sodat jy op die toestel wat die gerieflikste vir jou is, kan klets. Laai die rekenaartoepassing af of besoek web.whatsapp.com om te begin
Jy kan gratis* met jou vriende en familie gesels deur stemoproepe, selfs al is hulle in ’n ander land. Jy kan gesig-tot-gesig-gesprekke deur gratis* video-oproepe maak wanneer stem en teks gewoon nie genoeg is nie. WhatsApp-stem- en -video-oproepe gebruik jou foon se internetverbinding in plaas van jou selfoonplan se stemminute, so jy hoef jou nie oor buitensporige oproepkostes te bekommer nie.
Van jou mees persoonlike oomblikke word op WhatsApp gedeel. Dít is hoekom ons end-tot-end-enkripsie ingebou het in die jongste weergawes van ons toepassing. Jou boodskappe en oproepe word beveilig deur punt-tot-punt-enkripsie sodat net jy en die persoon met wie jy kommunikeer dit kan lees of daarna kan luister – niemand anders nie, nie eers WhatsApp nie.
Stuur foto’s en video’s onmiddellik op WhatsApp. Jy kan selfs die oomblikke wat die meeste vir jou saakmaak met ’n ingeboude kamera vasvang. Foto’s en video’s stuur vinnig op WhatsApp, selfs al is jou verbinding stadig.
Jou stem sê soms alles. Jy kan met slegs een tik ’n stemboodskap opneem – perfek vir ’n vinnige hallo of ’n langer storie.
Stuur PDF’s, dokumente, sigblaaie, skyfievertonings en meer, sonder die frustrasie van e-pos- of lêerdeeltoepassings. Jy kan dokumente van tot 100 MB stuur, so dit is maklik om wat jy wil oordra maklik te kry waar jy dit wil hê.