Tekste
Eenvoudige, betroubare boodskapdiens
Stuur boodskappe aan vriende en familie gratis*. WhatsApp gebruik jou foon se internetverbinding om boodskappe te stuur sodat jy SMS-koste kan vermy.
Groepsgesprek
Groepe om mee in kontak te bly
Bly in kontak met die groepe mense wat die meeste saak maak, soos jou familie of kollegas. Met groepsgesprekke kan jy boodskappe, foto's en video's deel met tot 256 mense op een slag. Jy kan ook jou groep benoem, demp of kennisgewings pasmaak en meer.
WhatsApp op die web en rekenaar
Hou die gesprek aan die gang
Met WhatsApp op die web en jou rekenaar kan jy moeiteloos al jou gesprekke met jou rekenaar sinkroniseer sodat jy kan gesels op watter toestel ook al die gerieflikste vir jou is. Laai die rekenaartoepassing af of besoek web.whatsapp.com om te begin.
WhatsApp Stem- en Video-oproepe
Praat vrylik
Met stemoproepe kan jy met jou vriende en familie gratis*, praat, selfs al is hulle in 'n ander land. En met gratis* video-oproepe kan jy van aangesig tot aangesig gesprekke hê vir wanneer stem of teks eenvoudig nie genoeg is nie. WhatsApp se stem- en video-oproepe gebruik jou foon se internetverbinding in plaas van jou selfoonplan se stemminute, sodat jy nie bekommerd hoef te wees oor duur oproepkoste nie.
End-tot-end-enkripsie
Sekuriteit by verstek
Sommige van jou mees persoonlike oomblikke word op WhatsApp gedeel. Dit is waarom ons end-tot-end-enkripsie in die nuutste weergawe van ons toepassing ingebou het. Met end-tot-end-enkripsie word jou boodskappe en oproepe beveilig sodat slegs jy en die persoon met wie jy kommunikeer dit kan lees of daarna kan luister en niemand tussenin nie, selfs nie eens WhatsApp nie.
Foto's en Video's
Deel oomblikke wat saak maak
Stuur foto's en video's onmiddellik met WhatsApp. Jy kan selfs oomblikke wat die meeste saak maak met die ingeboude kamera afneem. Met WhatsApp word foto's en video's vinnig gestuur, selfs al het jy 'n stadige verbinding.
Stemboodskappe
Sê waaraan jy dink
Partykeer sê jou stem dit alles. Met net een tik kan jy 'n stemboodskap opneem, perfek om vinnig hallo te sê, of vir 'n langer storie.
Dokumente
Maak deel van dokumente maklik
Stuur PDF's, dokumente, sigblaaie, skyfievertonings en nog meer sonder die moeite van e-pos of lêerdeling-toepassings. Jy kan dokumente van tot 100 MG stuur. Dit is so maklik om iets aan te stuur wat jy moet na wie jy wil.