Tekste
Eenvoudige, Betroubare Boodskapdiens
Stuur gratis* boodskappe aan vriende en familie. WhatsApp gebruik jou foon se Internetverbinding om boodskappe te stuur sodat jy SMS kostes kan vermy.
Groepsgesprek
Groepe om in kontak mee te bly
Bly in kontak met die groepe mense wat die meeste saak maak, soos jou familie of kollegas. Met groepsgesprekke kan jy boodskappe, foto's en video's deel met tot 256 mense op een slag. Jy kan ook jou groep benoem, demp of kennisgewings pasmaak en meer.
WhatsApp op Web en Werkskerm
Hou die Gesprek aan die Gang
Met WhatsApp op die web en jou werkskerm kan jy moeiteloos jou gesprekke met jou rekenaar sinkroniseer sodat jy op die toestel wat die mees gerieflikste vir jou is, kan gesels. Laai die werkskerm-toepassing af of besoek web.whatsapp.com om te begin.
WhatsApp Stem- en Video-oproepe
Praat Vrylik
Met stemoproepe, kan jy gratis* met jou vriende en familie praat, selfs al is hulle in 'n ander land. Met gratis* video-oproepe, kan jy van aangesig tot aangesig gesprekke hê vir wanneer stem of teks boodskappe net nie genoeg is nie. WhatsApp stem- en video-oproepe gebruik jou foon se Internetverbinding in plaas van jou selfoon se stem minute, sodat jy nie bekommerd hoef te wees oor duur oproepkostes nie.
End-tot-end enkripsie
Sekuriteit by Verstek
Sommige van jou mees persoonlike oomblikke word gedeel op WhatsApp, dit is waarom ons end-tot-end enkripsie in die nuutste weergawe van ons toepassing ingebou het. Met end-tot-end enkripsie word jou boodskappe en oproepe beveilig sodat slegs jy en die persoon met wie jy kommunikeer dit kan lees of daarna luister en niemand tussenin nie, selfs nie WhatsApp nie.
Foto's en Video's
Deel Oomblikke wat Saak Maak
Stuur foto's en video's onmiddellik met WhatsApp. Jy kan selfs oomblikke wat die meeste saak maak met die ingeboude kamera afneem. Met WhatsApp word foto's en video's vinnig gestuur, selfs al is jy op 'n stadige verbinding.
Stemboodskappe
Sê Waaraan Jy Dink
Partykeer sê jou stem alles. Met net een tik kan jy 'n Stemboodskap opneem, perfek om vinnig hallo te sê of vir 'n langer storie.
Dokumente
Maak Deel van Dokumente Maklik
Stuur PDF's, dokumente, sigblaaie, skyfievertonings en nog meer sonder die moeite van e-pos of lêerdeling toepassings. Jy kan dokumente tot op 100 MG stuur, dit is so maklik om iets aan te stuur wat jy moet, na wie jy wil.