WhatsApp Business is gratis om af te laai en is met die kleinbesigheidseienaar in gedagte ontwikkel. Die toepassing maak dit maklik om met jou klante te verbind, jou produkte en dienste te belig, en hulle vrae tydens die inkopie-ervaring te beantwoord. Skep ’n katalogus om jou produkte en dienste te belig en gebruik spesiale nutsgoed om boodskappe te outomatiseer en te sorteer en vinnig daarop te reageer.
WhatsApp kan ook medium en groot besighede help om kliëntesteundiens te verskaf en belangrike kennisgewings aan klante af te lewer. Kom meer te wete oor WhatsApp Business API.
Skep ’n besigheidsprofiel met nuttige inligting vir jou klante soos jou adres, beskrywing van jou besigheid, e-posadres en webtuiste.
Kitsantwoorde help jou om boodskappe wat jy gereeld stuur te stoor en weer te gebruik sodat jy vrae maklik en flink kan beantwoord.
Organiseer jou kontakte of kletse met etikette sodat jy hulle maklik weer kan kry.
Stel ’n wegboodskap wanneer jy nie kan antwoord nie sodat jou klante weet wanneer hulle ’n antwoord kan verwag. Jy kan ook ’n groetboodskap skep om jou klante aan jou besigheid bekend te stel.