
WhatsApp Business-toepassing
WhatsApp Business is gratis om af te laai en is met die kleinbesigheideienaar in gedagte ontwikkel. Die toepassing maak dit maklik om met jou klante te verbind, jou produkte en dienste te belig, en hulle vrae tydens die inkopie-ervaring te beantwoord. Skep ’n katalogus om jou produkte en dienste te belig en gebruik spesiale nutsgoed om boodskappe te outomatiseer en te sorteer en vinnig daarop te reageer.
WhatsApp kan ook medium en groot besighede help om kliëntesteundiens te verskaf en belangrike kennisgewings aan klante af te lewer. Kom meer te wete oor WhatsApp Business API.