Meer as 2 miljard mense in meer as 180 lande gebruik WhatsApp1 om op enige tyd en enige plek in kontak met familie en vriende te bly. WhatsApp is gratis2 en bied 'n eenvoudige, veilige, betroubare boodskap- en oproepdiens, beskikbaar op fone regoor die hele wêreld.
1 En ja, die naam WhatsApp is 'n woordspeling op die frase What's Up.
2 Datakoste kan geld.
WhatsApp het begin as 'n alternatief vir SMS. Ons produk ondersteun nou die stuur en ontvang van 'n verskeidenheid media: teks, foto's, video's, dokumente en ligging, asook stemoproepe. Sommige van jou mees persoonlike oomblikke word met WhatsApp gedeel, en daarom het ons end-tot-end-enkripsie in ons toepassing ingebou. Agter elke produkbesluit is ons begeerte om mense oral in die wêreld te laat kommunikeer sonder hindernisse.
WhatsApp is gestig deur Jan Koum en Brian Acton wat voorheen gesamentlik 20 jaar by Yahoo deurgebring het. WhatsApp het in 2014 by Facebook aangesluit, maar gaan voort om as 'n aparte toepassing te funksioneer, met 'n laserfokus op die bou van 'n boodskapdiens wat vinnig en betroubaar werk, op enige plek in die wêreld.