Eenvoudig. Veilig.
Betroubare boodskapdiens.
Met WhatsApp kry jy 'n vinnige, eenvoudige, veilige boodskap- en oproepdiens gratis*, beskikbaar op fone regoor die hele wêreld.
WhatsApp kan ook medium en groot sakeondernemings help om kliëntsteundienste te verskaf en om belangrike kennisgewings aan kliënte te stuur. Kom meer te wete oor WhatsApp Business API.
End-tot-end-enkripsie
Sekuriteit by verstek
Sommige van jou mees persoonlike oomblikke word op WhatsApp gedeel. Dit is waarom ons end-tot-end-enkripsie in die nuutste weergawe van ons toepassing ingebou het. Met end-tot-end-enkripsie word jou boodskappe en oproepe beveilig sodat slegs jy en die persoon met wie jy kommunikeer dit kan lees of daarna kan luister en niemand tussenin nie, selfs nie eens WhatsApp nie.