Eenvoudige. Veilige.
Betroubare boodskapdiens.

Met WhatsApp kry jy vinnige, eenvoudige, veilige boodskap en oproep diens gratis*, beskikbaar op fone regoor die hele wêreld.
Laai nou af
* Data kostes mag van toepassing wees. Kontak jou diensverskaffer vir inligting.

WhatsApp Stem en Video-oproepe

Praat Vrylik

Met stemoproepe, kan jy met jou vriende en familie gratis* praat, selfs al is hulle in 'n ander land. Met gratis* video-oproepe, kan jy van aangesig tot aangesig gesprekke hê vir wanneer stem of teks boodskappe net nie genoeg is nie. WhatsApp stem- en video-oproepe gebruik jou foon se Internetverbinding in plaas van jou selfoon se stem minute, sodat jy nie bekommerd hoef te wees oor duur oproepkostes nie.

End-tot-end enkripsie

Sekuriteit by Verstek

Sommige van jou mees persoonlike oomblikke word gedeel op WhatsApp, dit is waarom ons end-tot-end enkripsie in die nuutste weergawe van ons toepassing ingebou het. Met end-tot-end enkripsie word jou boodskappe en oproepe beveilig sodat net jy en die persoon met wie jy kommunikeer dit kan lees of daarna luister en niemand tussenin nie, selfs nie WhatsApp nie.
Ondersoek kenmerke