
*Datakoste kan van toepassing wees. Kontak jou verskaffer vir besonderhede.
Van ’n groepoproep met klasmaats tot ’n vinnige oproep met Ma – met stem-en video-oproepe voel dit of julle in dieselfde vertrek is.
Met punt-tot-punt-enkripsie op WhatsApp word jou persoonlike boodskappe en oproepe met ’n slot beveilig. Net jy en die persoon met wie jy gesels, kan dit lees of daarna luister, en niemand anders nie, nie eers WhatsApp nie
Of jy ’n uitstappie saam met vriende beplan of net op hoogte bly van jou familiekletse, behoort groepgesprekke moeiteloos te voel.
Druk jou uit sonder woorde. Gebruik plakkers en GIF’s of deel oomblikke uit jou dag op Status. Neem ’n stemboodskap op om vinnig hallo te sê of om ’n langer storie te vertel.
WhatsApp Business help jou om jou klante wêreldwyd te bereik en boeiende ervarings op skaal te lewer. Vertoon jou produkte en dienste, brei verkope uit en bou verhoudings, alles met WhatsApp.