Meer oor WhatsApp

Ons Toepassing

Meer as 1 biljoen mense in meer as 180 lande gebruik WhatsApp1 om enige tyd en enige plek in kontak met familie en vriende te bly. WhatsApp is gratis2 en offer eenvoudige, veilige, betroubare boodskap en oproep diens, beskikbaar op fone regoor die hele wêreld.

1 Ja, die naam WhatsApp is 'n woordspeling van die frase "What's up" (Wat gaan aan).

2 Data kostes mag van toepassing wees.

Ons Missie

WhatsApp het begin as 'n alternatief vir SMS. Ons produk ondersteun nou die stuur en ontvang van 'n verskeidenheid van media: teks, foto's, video's, dokumente en ligging, asook stemoproepe. Ons boodskappe en oproepe word beveilig met end-tot-end enkripsie, wat beteken dat derde partye, insluitende WhatsApp dit nie kan lees of daarna luister nie. Agter elke produkbesluit is ons begeerte om mense te laat kommunikeer, enige plek in die wêreld sonder hindernisse.

Ons Span

WhatsApp was gestig deur Jan Koum en Brian Acton wat voorheen gesamentlik 20 jaar by Yahoo deurgebring het. WhatsApp het in 2014 by Facebook aangesluit, maar gaan voort om as 'n aparte toepassing te funksioneer, met 'n laser fokus op die bou van 'n boodskapdiens wat vinnig en betroubaar werk, enige plek in die wêreld.